Hulp vir die LO Onderwyser
LEWENSORIËNTERING
Emmett Roux
NWU-Potchefstroom LLOD 211
TB
Ebola
Vir meer inligting gaan kyk onder ADDISIONELE HULPBRONNE
Gemeenskapsgesondheid
Hier gaan ons die volgende behandel :
TB , Cholera , Ebola , HIV en Leefsiektes
Wat is TB:
Tuberkulose is ’n siekte
wat veroorsaak word deur ’n kiem,
genoem Mycobacterium tuberculosis
(MTB). TB het miljoene mense, dwarsoor
die wêreld, vir duisende jare, geïnfekteer.
Hoe kan 'n mens TB kry?
Die meeste aktiewe TB ontwikkel in die
longe, dit word pulmonêre TB genoem.
Wanneer iemand wat siek is met TB
hoes of nies, word die TB-kieme in
die lug vrygelaat. Die kieme kan vir ’n
geruime tyd in die lug teenwoordig bly,
veral wanneer die area stampvol met
mense, of klam is, of die lug van ’n swak
gehalte is. ’n Nabystaande persoon kan
aangesteek word deur van hierdie kieme
in hul longe in te asem.
Kan dit genees word?
Medisyne kan TB genees. Wanneer jy TB
het, is dit belangrik dat jy jou medisyne
behoorlik gebruik. Indien jy voorheen
behandel was, MIV het, verwagtend is
of voorbehoedmiddels gebruik, moet jy
dit aan jou dokter meld, aangesien jou
medisyne van ander s’n mag verskil.
Wat is Ebola
Ebola-virus-siekte (EVS) is ’n ernstige en dikwels
dodelike siekte in mense en nie-menslike
primate (ape, gorillas en sjimpansees
Hoe kan 'n mens Ebola kry ?
Die Ebola-virus kan deur middel
van direkte kontak (deur stukkende
vel of slymvliese insluitend die
neus, mond en oë) met die bloed,
liggaamsvloeistowwe (insluitend
stoelgang, urine, speeksel, semen) of
weefsel van besmette persone
versprei.
Wat is Cholera
Cholera is ‘n akute diarreale siekte wat deur ‘n infeksie in die ingewande veroorsaak word.
Die bakterie wat die infeksie veroorsaak, staan bekend as vibrio cholerae. Cholera is reeds
die afgelope 100 jaar ‘n uiters rare siekte in ontwikkelde nywerheidslande, maar in Indië,
dele van Suid-Amerika en lande suid van die Sahara, kom dit nog algemeen voor.
Hoe kan 'n mens Cholera kry
‘n Mens kan dié potensieel dodelike siekte opdoen indien water gedrink of kos geëet word
wat met die cholera-bakterie besmet is. Tydens ‘n epidemie soos dié in Zimbabwe en
Limpopo word die siekte gewoonlik deur water wat met die ontlasting van besmette mense
besoedel is, versprei.
Kan dit genees word
Die behandeling van cholera is eenvoudig. Die pasiënt moet net dadelik nadat hy/sy erge
diarree begin ontwikkel, die vloeistof en elektroliete (soute) wat deur die los stoelgange
uitgeskei word, aanvul.
Alle apteke verkoop ‘n mengsel vir gedehidreerde pasiënte wat met vloeistof aangemaak en
in groot hoeveelhede gedrink word. In ernstige gevalle van dehidrasie moet pasiënte ‘n drup
kry
Wat is HIV
HIV is ‘n baie klein kiem of organisme, wat ‘n virus genoem word, waarmee mense geïnfekteer raak. Dit kan nie met die blote oog gesien word nie, maar slegs onder ‘n mikroskoop.
• HIV oorleef en vermeerder net in liggaamsvloeistowwe soos sperma, vaginale vloeistowwe, borsmelk, bloed en speeksel. Ons kan geïnfekteer raak alleenlik deur kontak met geïnfekteerde liggaamsvloeistowwe.
• Die liggaam se natuurlike vermoë om siekte te bestry, word die immuunstelsel genoem. Dit is die liggaam se weerstand teen infeksie.
• HIV val die immuunstelsel aan en verminder die liggaam se weerstand teen allerhande soorte siektes, insluitende griep, diarree, longontsteking, tuberkulose en sekere kankers.
• Dit is hoekom HIV die Menslike ("Human") ImmunogebreksVirus genoem word.
• Uiteindelik maak die HIV die liggaam so swak dat die liggaam nie meer die siektes kan beveg nie en die HIV dus die dood veroorsaak.
• Gewoonlik sterf mense tussen vyf en tien jaar nadat hulle geïnfekteer geraak het, maar sommige HIV-geïnfekteerde mense kan langer leef.
Hoe kry jy HIV kry ?
HIV is ‘n aansteeklike siekte, maar daar is net sekere situasies waarin mense wat die virus het, dit aan ander mense kan oordra
• Seksuele gemeenskap is die algemeenste manier waarop mense geïnfekteer raak, omdat die virus in sperma en vaginale vloeistof oorleef.
• Babas van moeders met HIV kan ook geïnfekteer raak net voor en gedurende geboorte, of gedurende borsvoeding.
• Die virus kan deur geïnfekteerde bloed versprei word as die bloed byvoorbeeld teen stukkende vel spat, of deur vriende of gesinslede wat lemmetjies, skeermesse of tandeborsels gesamentlik gebruik.
• Dwelmverslaafdes wat naalde gesamentlik gebruik, kan mekaar infekteer.
• Alhoewel bloed wat in bloedoortappings gebruik word, teen die virus behandel word, kan foute tog voorkom en kan bloedoortappings soms ‘n oorsaak van infeksie wees.