top of page

 

5.1. Diversiteit in die klaaskamer:

Deur te weet wie jou leerders as groep en as individue is, is baie belangrik vir goeie onderwys.

 

Om leerders met ’n verskeidenheid van agtergronde en behoeftes te fassiliteer, is die volgende punte belangrik:

- Behandel alle leerders as individue met unieke sterkpunte, swakpunte en behoeftes eerder as algemene verteenwoordigers van bepaalde rasse, etniese of kulturele groepe.

- Implimenteer verskeie onderrigstyle om te reageer op die behoeftes van diverse leerders.

- Skep ’n oop klaskamer wat die waardes van die ervaring en perspektiewe van alle student insluit.

 

Leerstyle in ’n diverse klaskamer:

- Ouditiewe leerders verkies om idees en inligting te ontvang deur hulle te hoor. Hulle baat by die bespreking-gebasseerde klasse en die geleentheid om modelinge te doen.

 

- Visuele leerders verkies om inligting te ontvang deur dit te sien. Hierdie student praat minder en as hulle wel doen sal hulle net ’n paar woorde gebruik. Grafieke, kaarte en fotos help met die leerproses van  hierdie leerders.

 

- Kinestetiese-tasbare leerders leer die beste deur middel van beweging en aanraking. Omdat hulle graag beweeg kan hulle baie notas neem en die beste leer wanneer hulle toegelaat word om hul omgewing te verken.

 

Deur die leerstyle te verstaan kan jou help om ’n meer inklusiewe klaskamer te skep waar almal ’n kans het om te slag.

 

Studente van verskillende kulture, agtergronde en opvoedkundige omgewings leer in duidelike verskillende maniere. Wees bewus van die manier waarop jy die beste leer, nie noodwendig die manier is waarop die leerders die beste gaan leer nie.

 

Leerders is divers in hul kulture, etnisiteit, ervarings, leerstyle en vele ander dimensies. Hierdie dimensies is wat hulle vorm en beinvloed hoe hulle leer. Effektiewe onderwysers verstaan dit en gebruik ’n verskeidenheid leerstrategiee om leer te bevorder.

 

“Tips” vir effektiewe onderrig in ’n diverse klaskamer:

- ’n “Kleurblind” klaskamer is nie ’n goeie idee nie. Strategiee om diversiteit te erken en daarop te kapitaliseer word eerder voorgestel.

 

- Die waardering van elke leerder se individualiteit is baie belangrik.

 

- Maak dit vroeg in die les duidelik dat jy verbind is tot die behoeftes van alle leerders en dat jy oop is vir gesprekke oor hoe om hulle te help leer.

 

- As onderwysers is dit belangrik dat on sons eie leerstyle en kulturele aannames erken, want hierdie style en aannames beinvloed hoe ons leer en wat ons verwag van ons leerders.

 

- Soos jy jou lesse voorberei, berei verskeie voorbeelde voor om die werk te probeer verduidelik. Probeer dar hulle voorbeelde op die verskillende culture, ondervindings, seksuele orientasie, geslagte ens. reflekteer sodat alle leerders ny die werk betrek word.

 

- Gebruik verskillende onderrig metodes om te voldoen aan die verskeidenheid leerstyle van die leerders.

Diversiteit in die klaaskamer

bottom of page