Hulp vir die LO Onderwyser
LEWENSORIËNTERING
Emmett Roux
NWU-Potchefstroom LLOD 211
Diverditeit ten opsigte van godsdienstige vryheid in skole
Diversiteit met spesifieke verwysing na die vryheid van gelowe in skole:
Die beste manier om godsdienstige diversiteit in die klaskamer te hanteer is om ditt direk aan te spreek. Dit is belangrik vir leerders om kennis te hê van die verskillende gelowe sodat hulle dit kan verstaan en instaat kan wees om in ’n diverse wereld te leef.
Ons plig as onderwysers is om leerders van godsdiens in ’n neutral en objektiewe wyse te leer. As ’n onderwyser kan ons nie ons geloof op die leerder afdwing nie. Ons kan ons geloof uitleef deur om te gee en omdat ons omgee, respekteer ons hulle geloof.
Deur die verskillende gelowe te ken, kan jy as onderwyser meer sensitief wees teenoor die geloof van die leerder.
Dit is belangrik om die verskillende gelowe van die leerders in gedagte te hou wanneer jy vir ’n les voorberei.