Hulp vir die LO Onderwyser
LEWENSORIËNTERING
Emmett Roux
NWU-Potchefstroom LLOD 211
Etiek in sport:
Etiek is ’n stelsel van morele beginsels van ’n individu.
Etiek in sport vereis vier sleutel elemente:
Regverdigheid:
- Alle atlete en afrigters moet gevestigde reëls en riglyne van hul onderskeie sport volg.
- Atlete en afrigters mag nie teen gediskrimineer of uitgesluit word opgrond van ras, geslag of seksuele orientasie nie.
Integriteit:
Enige atleet wat poog om ’n voordeel te kry oor sy of haar opponent deur middel van ’n vaardigheid wat nie die spel self is nie, toon ’n gebrek aan persoonlike integriteit en in stryd met die integriteit van die spel.
Verantwoordelikheid:
Spelers en afrigters is verantwoordelik vir hulle prestasies sowel as hul ooptrede op die veld. Dit sluit hul emosies ook in.
Respek:
Alle atlete moet respek vir spanmaats, teenstaanders, afrigters en amptenare wys.
Etiek in sport: