top of page

 

Gedurende groepaktiwiteite is leerders ook heeltyd besig om inligting te gee, leidrade te verskaf, mekaar aan te moedig en hulp te soek of te verleen. Leerders moet deur interaksie hul sosiale, akademiese en geletterdheids-vaardighede verbeter.

Groeperingsstrategieë het ontstaan tussen die verskillende terminologie wat gesien kan word as die verskillende groepbesprekinge wat mense kan kry. Dit dra hoofpunte in soos  gekombineerde klasse, ouderdomsgroepe, verskillende graad kombinasies, geloof en ook die kultuur.

Kommunikasievaardighede is baie belangrik by groepswerk.  Die leerder moet vertoue in homself en die groep he.   Leerders moet weet wat hulle elkeen se rol in die groep is.  Gelyke deelname en probleme moet gesamentlik kan opgelos word.  Leerders moet konflik kan hanteer en ook weet as daar ‘n leerder is wat nie ‘n bydrae lewer nie. 

Daar is vyf emosionele intelligensies wat kan gedefinieer word:  Selfbewustheid deur refleksie, selfmotivering vir die ontwikkeling van ‘n positiewe werketiek, bestuur van emosie vir konflikhantering, empatie om met gevoel te luister en te ondersteun en sosiale vaardighede om in die praktyk te identifiseer en daaroor te reflekteer.

Om met sukses in ‘n groep te funksioneer

 

  • Gebruik toepaslike taal.

  • Praat op ‘n beleefde manier.

  •  Moedig ander aan.

  •  Luister na ander.

  •  Vra vir hulp.

  •  Kom ooreen om te verskil.

  •  Aanvaar verskillende menings.

  •  Volg prosedures.

  •  Kontroleer vir korrektheid en begrip.

  •  Hanteer konflik 

Wenke vir effektiewe groepwerk.

KOOPERATIEWE LEER

Groep werk 

bottom of page